Sê eerder dankie vir die swak wisselkoers. 600 bokke is nie te onaangenaam om te betaal vir 'n AAA titel nie, veral onmiddelik nadat dit bekendgestel is.
Printable View
Ja nee kyk, ek sal bereid wees om 600 van my hardverdiende geldrande op 'n speletjie te spandeer maar beslis nie 'n duisend nie! Hulle kan dan maar daai speletjie druk waar die son nie skyn nie. Lyk my dié jaar is die jaar wat ek finaal besluit om nie meer AAA speletjies te koop sodra hulle vrygestel word nie, ek sal maar met die "FOMO" moet veg en dit koop wanneer dit tweedehands beskikbaar is.
Ag maar my hartjie is so bly om hierdie draad te sien. Dis nogals 'n skok vir die gestel om ewe skielik in Afrikaans te moet praat oor video speletjies.
Liewe ouers, dis moerse snaaks. Ja sal maar die genres jou in engels, ander gaan mens heeltyd na hierdie lys moet terugkeer om te kyk waarvan mense praat.
So,wat is die snaakste speletjie naam in Afrikaans as hy direk vertaal word?
Halwe Lewe? Onwerklike Kompetisie? Graf Rower? Die Hinkering Na Spoed?
Ek moes FOMO nou eers google, dit hier en daar gesien...Fear Of Missing Out?
Was waiting for that. ;)
Afrikaanse rekenaar afkortings....dit klink vir my altyd na verskriklike na hoë Afrikaans.
Haha, dis kak snaaks. Nog 'n paar:
Bloedgebore
Demone se Siele
Donker Siele
Sommer Net 3