Hahaha, gebruik dit gereeld vir die kinders. :D :D
Groot geword in Souterstraat, Pta Wes, net verby die duikweg. Toe na Erasmia toe, daar agter Zwartkops renbaan.
Printable View
Ek onthou nog die inry daar van nog voor ons daar erf gekoop het, fun kinder dae. Deesdae hoor ons nie eers meer die resieskarre, skietbaan of die moskees nie, ons is gewoond aan dit alles.
'n Paar jaar terug nog gegaan na die Velskoen in Randburg - so hartseer toe dit toegemaak het. So lekker om 'n vleisie op die vuur te gooi, agter op die bakkie te lĂȘ en kyk. Prys trekking na die tyd - kon 'n halwe skaap wen en nog wat. Het nog betaal per kar en dan het daar twee flieks gespeel.
Ek onthou ek het nog Teen Wolf met Michael J Fox gaan kyk in die inry (van my eerste inry ondervindings) - wat 'n lekker aand!
Mooi man. Ons laaste een was twee Simpel Schuster movies daar in Zambesieweg. Daar was twee screens en twee radio kanale vir die fliek wat jy wil kyk.
So waar. Iets wat ons kinders nooit sal ervaar nie. Menlyn se dak inry is ook toe.