So het hierdie in 'n kom-ons-bespreek-Pretoria gesprek ontaard? Lekker snorstad manne!
Printable View
So het hierdie in 'n kom-ons-bespreek-Pretoria gesprek ontaard? Lekker snorstad manne!
Ja, man. Ek weet waar dit is! Dis naby 'n dam. Het een keer daar gaan visvang. Het eers 'n handlyntjie ingegooi maar wat ookal gevat het, het die vislyn eensklaps uit my hand geruk. Toe gaan haal ek maar die vistok - selle storie. Ek eindig op om toe die Landy se staal kabel af te rol en my middagete (Heel Nandos hoender) daaraan wasgebind en in die water gegooi om vir eens daardie karnallie daar uit te sleep - wat dit ookal mag wees. Die rook het uit die katrol begin draai en ek kon net 'n stukkie uitmaak van 'n Barber kop amper so groot soos die helfde van die dam en daar gaan my landy ook water toe. Moes toe maar huis toe loop - geen vis en my Nandos kwyt.
Ware storie. :p
Hahaha! Goeie storie daai. :D En ja, dit is naby 'n dam. Nie dat mense meer daar visvang nie, meer watersport as enige iets anders. As ek by my eetkamer venster uitkyk kan ek die dam so agter my buurman se huis uitmaak. Voor hulle daar gebou het, het ons 'n mooi uitsig van die dam en plaas rondom hom gehad. Ons kan nogsteeds die donderwolke sien inrol oor die vlaktes met die staatsdiens reën wat ons so gereeld kry die afgelope tyd. Soos vanmiddag het ons ordentelike buie gehad hier by ons!