Afrikaans!
Baba beer stap by die trappe af en sit op sy Klein stoeltjie by die tafel.
Hy kyk na sy Klein papbordjie...
"Wie't my pappies geëet?", vra hy in 'n huilerige stemmetjie.
Pappabeer kom by die tafel aan en sit op sy groot stoel. Hy kyk na sy
groot papbord, en ook die is leeg.
"Wie de duiwel het my pap gevreet!" vra hy in 'n bulderende stem.
Mammabeer se kop verskyn in die luik tussen die kombuis en die eetkamer.
Haar gesig lyk soos 'n hoëveldse donderstorm.
"Genugtig, hoeveel keer moet ek met julle idiote deur hierdie proses gaan?
Dit was Mammabeer wat eerste opgestaan het.
Dit was Mammabeer wat almal in die huis wakker gemaak het.
Dit was Mammabeer wat die koffie gemaak het.
Dit was Mammabeer wat in die koue uitgegaan het om die koerant te gaan
haal. Dit was Mammabeer wat die tafel gedek het.
Dit was Mammabeer wat die kat laat uitgaan en sy sandboks skoongemaak het.
Dit was Mammabeer wat die kat en die pappegaai kos gegee en versorg het.
En dit was Mammabeer wat die sitkamer aan die Kant moes maak na julle
TV-kykery gisteraand"..
"En nou dat julle uiteindelik besluit het om julle flenter-beergatte
ondertoe te sleep en Mammabeer se kombuis met julle befoeterde
teenwoordigheid te kom vereer, moet julle nou mooi luister, en goed
luister, want ek gaan dit nie weer sê nie":
"Ek.- Het. -Nog.- Nie.- Die.- FOKKEN. -Pap. -Gemaak. -Nie!!!!!!!!!"
--------------------------------------
Ouma & Oupa klim in die bed.
Oupa gee 'n harde poep.
Ouma vra: 'Wat was dit?'
Oupa dink vinnig en sê : 'dis poeprugby...7 punte vir my!'
Paar minute later poep ouma en sê : 'n drie & 'n skop, 7 punte elk!'
Oupa gee so n sagte poepie en sê: 'strafskop vir my, 10 - 07'
Ouma laat loop ook met n ligte enetjie en sê: ' strafskop, 10 elk'
Direk daarna gee ouma nog een en sê : 'skepskop! ek loop 13 - 10voor..!!'
Oupa druk op sy hardste, verloor beheer en beskyt hom kant van die bed.
Ouma vra : 'en dit?'
Oupa sê: 'Dis halftyd, ons moet kante ruil'

