'n Blondine wil haar ou kar verkoop, maar hy't reeds 250 000 km afgelê. Sy vra toe raad by 'n vriend.
"As jy bereid is om iets onwettigs te doen, weet ek van 'n ou wat jou kilometres sal terugdraai," stel die vriend voor. Die blondine volg die raad -- en laat die kilometers terugdraai na 50 000.
'n Week of wat later loop sy weer haar vriend raak.
"Het jy toe jou kar verkoop gekry?" vra die vriend.
"Is jy mal? Met net 50 000 km hou ek hom liewer self! "