'n Paar jaar terug nog gegaan na die Velskoen in Randburg - so hartseer toe dit toegemaak het. So lekker om 'n vleisie op die vuur te gooi, agter op die bakkie te lê en kyk. Prys trekking na die tyd - kon 'n halwe skaap wen en nog wat. Het nog betaal per kar en dan het daar twee flieks gespeel.
Ek onthou ek het nog Teen Wolf met Michael J Fox gaan kyk in die inry (van my eerste inry ondervindings) - wat 'n lekker aand!