Ekke is onskuldig! Die goed breek net
Ek het besluit ek gaan nie wag nie, en het net 'n nuwe playthrough begin. Is klaar verder as wat ek was; het op Eos aangekom en net so paar goete gedoen in die starting area voor dit slapies tyd was.
Sover is die game fun, ek notice nie die facial animations nie, want ek het subs aan en ek kan nie nie subs lees as dit aan is nie, so dit werk vir my.
Een ding wat my annoy is dat baie cutscenes nogsteeds nie skippable is nie; ek is baie bly die galaxy map dele is nou skippable, ek kan net imagine hoe annoying dit moes wees voor die patch. Ek soek skips vir al die cutscenes though.