Afrikaanse Mense, hierso...

Ek gaan toe mos die ander dag inkopies doen in Pretoria. Toe ek uit
die winkels kom is die spietkop besig om 'n kaartjie te skryf.

Ek stap toe maar na hom en sê, "Ag kom nou meneer... kan jy nie 'n man
'n kans gee nie? Ek kom nie veel stad toe nie en nou wraggies dit..."

Maar hy is 'n steengesig en bly net skryf.

Toe noem ek hom 'n pampoenkop met die genade van 'n aasvoël.

Hy ignoreer my soos ek 'n stopstraat ignoreer en begin 'n tweede
kaartjie skryf vir die bande waarvan die ryvlak nie meer so lekker is
nie.

Toe noem ek hom 'n idioot wat op die strate rondlê met niks beter om
te doen nie - en boonop daarvoor betaal word.

Hy staar koud na my en begin 'n derde kaartjie skryf. Vir die krakie
in die voorruit.

Dit het vir minstens twintig minute aangegaan.

Hoe meer ek skel, hoe meer kaartjies skryf hy.

"Vetgat! Boepens!" en vele meer het sy nek en gesig na 'n diep
skakering van pers laat verander terwyl sy bloeddruk die hoogte
ingeskiet het en hy net meer kaartjies geskryf het.

Eindelik daag die bus op ………en toe klim ek op die bus en ry huistoe.
 
Ek het geweet vandag gaan 'n kak dag wees toe ek vra wat is so goed aan die more. My fokken kar is so klein rukkie gesteel. :mad: :mad: :( Dis die kakste ding wat kon gebeur het, het nie versekering nie. Die kar was nog nie op my naam nie, ek het hom by my ouma wat Januarie oorlede is geërf en die boedel is nog nie afgehandel nie so die kar was op niemand se naam nie ...
 
Dis lekker kak, dis wat dit is. 1984 Toyota Corolla 1.6 Automatic. Ek sal hom nooit weer sien nie ...
 
Dis lekker kak, dis wat dit is. 1984 Toyota Corolla 1.6 Automatic. Ek sal hom nooit weer sien nie ...

Agg nee vok Wlad ek weet hoe jy voel. dieselfde het met my gebeur en wat nog erger is , is dat ek die bliksems sien weg ry het met my kar....
 
heel ok. so paar minute gelede van die gym af gekom.

my been spiere haat my op die stadium
 
Nadat my kar gister gesteel is het ek besluit om 'n biejtie te kuier gisteraand, dinge het so bietjie hand uit geruk en ek het eers half 5 vanoggend in die bed geklim. Nou sit ek hier by die werk soos 'n zombie, ek wens die dag kan verbygaan, ek wil slaap ...
 
Back
Top