Afrikaans Expressions Explained

Hahaha, gebruik dit gereeld vir die kinders. :D :D

Groot geword in Souterstraat, Pta Wes, net verby die duikweg. Toe na Erasmia toe, daar agter Zwartkops renbaan.

Goeie tye by die renbaan gehad. Ken PTA eintlik sleg. Is maar 'n Wesrander - Randburg.
 
Ek onthou nog die inry daar van nog voor ons daar erf gekoop het, fun kinder dae. Deesdae hoor ons nie eers meer die resieskarre, skietbaan of die moskees nie, ons is gewoond aan dit alles.
 
'n Paar jaar terug nog gegaan na die Velskoen in Randburg - so hartseer toe dit toegemaak het. So lekker om 'n vleisie op die vuur te gooi, agter op die bakkie te lê en kyk. Prys trekking na die tyd - kon 'n halwe skaap wen en nog wat. Het nog betaal per kar en dan het daar twee flieks gespeel.

Ek onthou ek het nog Teen Wolf met Michael J Fox gaan kyk in die inry (van my eerste inry ondervindings) - wat 'n lekker aand!
 
Mooi man. Ons laaste een was twee Simpel Schuster movies daar in Zambesieweg. Daar was twee screens en twee radio kanale vir die fliek wat jy wil kyk.
 
Klink net nie dieselfde nie. Niks teen Imax en dies meer nie en is bly dis daar (Geniet dit ook) - dis net die 'fun' faktor van die eenvoudiger dae is skort. Bud Spencer en Herbie was nog groot in my kinderdae asook die sirkus en karnaval. Groot pret.
 
Tegnies nie... As ek huistoe kom ry ek in Centurion by die hek in en stop in Kempton Park in my oprit. Ware storie daai. :p

Ja, man. Ek weet waar dit is! Dis naby 'n dam. Het een keer daar gaan visvang. Het eers 'n handlyntjie ingegooi maar wat ookal gevat het, het die vislyn eensklaps uit my hand geruk. Toe gaan haal ek maar die vistok - selle storie. Ek eindig op om toe die Landy se staal kabel af te rol en my middagete (Heel Nandos hoender) daaraan wasgebind en in die water gegooi om vir eens daardie karnallie daar uit te sleep - wat dit ookal mag wees. Die rook het uit die katrol begin draai en ek kon net 'n stukkie uitmaak van 'n Barber kop amper so groot soos die helfde van die dam en daar gaan my landy ook water toe. Moes toe maar huis toe loop - geen vis en my Nandos kwyt.

Ware storie. :p
 
Hahaha! Goeie storie daai. :D En ja, dit is naby 'n dam. Nie dat mense meer daar visvang nie, meer watersport as enige iets anders. As ek by my eetkamer venster uitkyk kan ek die dam so agter my buurman se huis uitmaak. Voor hulle daar gebou het, het ons 'n mooi uitsig van die dam en plaas rondom hom gehad. Ons kan nogsteeds die donderwolke sien inrol oor die vlaktes met die staatsdiens reën wat ons so gereeld kry die afgelope tyd. Soos vanmiddag het ons ordentelike buie gehad hier by ons!
 
Klink nice. Die dam was net 'n gelukskoot - vet kans gevat. lol
 
Back
Top